het Afrikaans


Battery 9 is een verzameling jongelingen uit Kaapstad die zich opwerpt in de strijd voor de herwaardering van het straat-Afrikaans, een gevecht vergelijkbaar met onze gestreden taalstrijd, of die van bv. het Catalaans of het West-Vlaams. Charmezangers en Zuid-Afrikaanse politici die in het Afrikaans een charmant exportprodukt zagen, hebben het oorspronkelijk en alledaags taalgebruik proberen te verdringen wegens 'onkuis' of 'ongeciviliseerd'. Battery 9 probeert daar aan de hand van muziek iets aan te doen. Hier vind je hun liedjesteksten met bijhorende klankfragmenten om na te zingen. Zo leer je spelenderwijs het straat-Afrikaans en doe je wat inspiratie op voor een verrassende mail naar het reizend circus.

>> www.battery9.co.za
index

Rugsteker -- fragment (mp3 - 496kb)
wat het ek gedeon om
die reaksie te kry?
die dramatiese details kon gerus maar bly
binne 'n oomblik het die hele ding verander
maar vinkel bly vinkel en koljander koljander
hoekom jy my agteraf beswadder?
jou skelmgat twaalfgesig misrabele adder?
dis nou heeltemal te laat om reddingswerk te doen
daar is niks wat sal help om ons ooit weer te versoen
jou pateet
verneuker
jou klein kak
rugsteker
bliksemse klein
moederneuker
jou pateet
verneuker
jou klein kak
rugsteker
bliksemse klein
moederneuker
[sal hy tevrede moet wees met besondere baie dankie]

Stop Acting Weird -- fragment (mp3 - 404kb)
nou ja, hoe sal ons begin, wat sal ek sê?
jy neuk nou met iets wat ek baie graag wil hê
goed, ok, fine ek verstaan
dis die hoër dinge waarom dit gaan
maar baie geluk
ek hoop jy voel goed
al waaraan ek dink is jou begrafnisstoet
en ek wil nie daaroor praat nie
(en ek wil jou nie eers haat nie)
dit was baie swak

moenie net daar staan in skok nie
jy weet wat's verkeerd so
stop acting weird
ek kan nie glo jy't dit opgefok nie
ek kan nie glo jy't dit opgefok nie
ek sit nooit weer my kop op 'n blok nie
ek kan nie glo jy't dit opgefok nie
ek kan nie glo jy't dit opgefok nie

jou oë verstar soos 'n schwarzenegger likkewaan
soos jy probeer verstaan
ek sal jou nooit weer vertrou nie
ek het wragtig nie gedink jy sou nie
maar my kop was op 'n blok
en jy't lelik opgefok
en oom kosie is op pad om jou te moer met 'n stok

moenie net daar staan in skok nie
jy weet wat's verkeerd so
stop acting weird
ek kan nie glo jy't dit opgefok nie
ek kan nie glo jy't dit opgefok nie
ek sit nooit weer my kop op 'n blok nie
ek kan nie glo jy't dit opgefok nie

Oom Kosie -- fragment (mp3 - 193kb)
oom... kosie

[genugtig]
[genugtig]

oom... kosie
oom... kosie
oom... kosie

[genugtig]


Wurg -- fragment (mp3 - 749kb)
die wêreld sal 'n aangenamer plek wees sonder jou
ek wil jou in 'n hok gooi dat die wolwe aan jou kou

jou gil-geprewel sal musiek wees in my ore

'n stem in jou leë kop wat sê "hoe geheel verlore"
ek gaan jou wurg
ek gaan jou wurg
tot die patoloë peuter
aan jou lyk soos 'n kleuter
ek gaan jou verwurg
as ek klaar is met jou sal jy wens jy't gevrek
as ek my hande sien is hulle om jou nek
ek sal dit nie kan help nie, automaties reageer
my hande krampagtig, spitsverkeer
ek gaan jou wurg
ek gaan jou wurg
tot die patoloë peuter
aan jou lyk soos 'n kleuter
ek gaan jou verwurg
wurg
wurg
wurg
wurg

Aag Fok -- fragment (mp3 - 274kb)
aag fok
aag fok
aag fok


Kom Hier -- fragment (mp3 - 369kb)
die skemer deursigtig met die donker medepligtig
wat my oë geleidelik toe-forseer
in my kop klop 'n hangover
'n bier sal dit wegtower en dit besweer
maar ek kan nie kan nie kan nie
langer so aangaan nie
want my liggaam en my brein en die son verstaan nie
met my rug teen die muur
hou ek aan bestuur
maar my oë in die spieël spoeg vuur

kom hier kom hier kom hier

die son brand my oë
dis heeltemal te vroeg vir nog 'n bier
maar die sixpack skree:
kom hier! kom hier! kom hier!

kom hier!

ek sien hom te laat om te probeer briek
sy lyf kraak dof en dit maak my siek
toe ek sien hoe hy spat na die kant van die pad
en ek kan sien sy lyf is nat
van die bloed wat gesmeer is oor die bonnet van my kar
ek raak baie ongemaklik want sy oë het verstar
in 'n waas in 'n waas soos 'n blinde haas

o my fok wat op aarde nou
wat de moer gaan ek sê vir sy kinders en sy vrou
wat sal ween sal praat en sal aanhou haat
en ek kyk oor my skouer want dis dalk te laat
maar die vlakte gaap kaal asof niks gebeur het
asof dit sê "so much vir jou groot probleem"

met hierdie nuwe insig klim ek terug in my kar
maar my hande bewe en ek is in die war
wat was sy naam? waar kom hy vandaan?
ek raak paranoid dat die kar sal gaan staan
en elke sekonde ry ek verder weg
en voel bekommerd en bedonnerd
selfs die bier smaak sleg

kom hier kom hier kom hier

die son brand my oë
dis heeltemal te vroeg vir nog 'n bier
maar die sixpack skree:
kom hier! kom hier! kom hier!

kom hier!
kom hier!
kom hier!

Frokkipong -- fragment (mp3 - 88kb)
hier kom pietie met die frokkipong
die plaak by die tande en die nikotienlong
frokkipong
frokkipong
hy push nou al die derde dag
die lede van die jurie proes van die lag
vir die frons by die laksman se gesig
as die government sê "plesier voor plig"
frokkipong
frokkipong
frokkipong

Blaas Hom -- fragment (mp3 - 472kb)
ek was gou weg om 'n bier te gaan haal
toe steel die bliksems my rot en kaal
dit was die derde keer dat hulle my besteel
alles wat ek het word herverdeel
net daar en dan toe strip ek my moer
wil alles breek, 'n bebliksemde boer
ek moes maar net 'n handkanon koop
wat warm slaap in my kussingsloop
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek skiet my handkanon leeg voor ek my kan keer
ek skrik wakker in die middel van die nag
waar ek soos aas in die bed lê en wag
geluide in die huis van goed wat breek
my kanon wat gulsig om aksie smeek
iemand, dalk twee, kom nader in die gang
as ek vinnig beweeg kan ek hom nog vang
ek sien sien hom voel na die ligskakelaar
en spreek hom aan: "vaarwel ou swaer"
toe die lig aanklik het hy klaar geweet
ek rig die rewolwer op sy vieslike gevreet
hy spring met 'n boog in die lug in
'n demoniese vrees vaar in sy gesig in
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek skiet my handkanon leeg voor ek my kan keer
ek is half doof, my ore sing
nou't ek myself in groot kak gebring
dit het ek nou van my vinnige humeur
buite in die straat klik 'n kar se deur
ek laai my kanon - ses koue patrone
en sluip deur die tuin soos 'n kat op my tone
ek: een - parasiete: nul
ek's klaar in die kak, kan nou maar chill
ek vang die moer waar hy klim oor die hek
die hare rys met 'n gril in my nek
ek lig my arm, rustig korrel
ek rig my kanon op die dief se gorrel
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek skiet my handkanon leeg voor ek my kan keer
'n van verskyn met 'n lig op sy dak
"gooi neer die geweer, jy's in groot kak"
dit noem ek nou stank vir dank
in die tronk agter tralies - lewenslank
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek blaas hom, ek blaas hom, ek blaas hom weer
ek skiet my handkanon leeg voor ek my kan keer